Verskoon ek kom nou eers terug. Druk besig tans en nog meer in tyd wat kom. Dis vir ronde snitte ja. Jou pryse lyk belowend. Net so terloops. Dinge gaan so vinnig partykeer en mens skeep somtyds bietjie styl en waardigheid sodoende af. So laat ek net se. Dankie vir die vorige steen wat jy my voorsien het. Jou diens was knap, behulpsaam en betyds. Asook vriendelik. En jou pryse nogals kompeterend. | Louis | | | | Ek en Karien wil net graag met julle ons tevredenheid omtrent ons ring deel. Dit is n great ontwerp en die ring lyk regtig asemrowend. Dankie vir julle harde werk en geduld deur al die veranderinge. Ek en Karien is die naweek wat verby is verloof. Sien julle waneer ons die trou pand kom maak. Corrie & Karien | | | | Ek wil net vir julle baie dankie se vir julle mooi werk en sal maar muskien die ringsize kom verander sal maar sien glo dis reg. Baie dankie vir jou werk, ek is baie happy, of die girl gaan wees, weet ek nognie....as dit moontlik is soos ek gevra het voorheen kan ek die model kry van die ring, het ook Rhinoceros hier by ons werk kan dit dan gebruik om die pande vir die troudag te beplan, groot asb as jy dit net kan email. Baie dankie JOEWIE ROTHMAN | | | | Dankie vir julle goeie diens, dit is 100% reg so! Ek sal die ring vir julle inbring die 10de maart. Baie Dankie, Willie | |  | Baie dankie vir die ring dit lyk rerig baie baie mooi. Ek sal jou weer kontak sodra ek die pante nodig gaan he, weer eens dankie | Dirk Joubert | | | | | Baie dankie vir jul moeite met my ring, dit lyk stunning, presies wat ek wou gehad het! Ek kry SO baie komplimente! | | Dankie dat jul die hele proses so spesiaal gemaak het. | | | | Baie baie dankie!!! Die ring is VERSKRIKLIK MOOI. Wessel is baie in sy skik!!!! Kan nie wag om te hoor wat Tarien van die ring se vannaand. Baie dankie vir die moeite!! Tess Beukes | |  | | | Baie dankie vir die ring. Marli is mal daaroor. Dis presies wat sy wou gehad het. Ek weet nie wie die meeste daarna kyk nie - ek of sy. Dis regtig baie mooi. Patrick Fitzgerald | | | | Eks bly om jul in kennis te stel dat ek en my meisie verloof geraak het op die 24ste Oktober 2008. Ekt haar toe op die Eifel Tower in Parys gevra om met my te trou. Sy is ongelooflik gelukkig met die ring. Dit pas haar perfek. Sy se dis presies wat sy wou gehad het, en lyk baie mooi op haar vinger. Ek wil net vir jul dankie se vir die moeite met die ring. Ek weet ek was nie een van die maklikste kliente nie, maar ek moet se dat dit presies is wat ek wou gehad het. Jul kan verseker wees dat ek jul sal aanraai indien ek enige iemand ken wat beplan om verloof te raak. Jul diens is uitstekend! Dankie so baie. Jan Ehlers | |